Publication: Rapport, 4 July 2010

Reviewer: Come Coetzee

Rosie Kendal, ‘n dokter, se eerste roman, The Karma Suture (2008), is vergelyk met ‘n soort mediese Bridget Jones’ Diary. Haar tweede, The Angina Monologues, is soos Bridget Jones gewis ook chick lit.

Die drie hoofkarakters is elkeen gemoeid met chick-goeters soos hoe seer mooi skoene kan druk (veral in ‘n 24 uur-skof in ongevalle) en troossjokolade eet tot verhoudings en loopbaan. Maar hierdie chick lit het spiere. Of ‘n gewete, ides jou metafoor.

Rachael (Joods, ryk ouers se enigste bedorwe prinsessie), Seema (Hindu, familie- en tradisievas, getroud met ‘n bliksem) en Nomsa (Xhosa, vasbeslote om haar van tradisie en familie los te maak) – ‘n reenbogie in die kleine - kom as boekgeleerde groentjies by die plattelandse staatshospitaal in KwaZulu-Natal aan om hul jaar internskap te doen.

Hulle kry te doen met al die bloed-en-derms-drama (en slangbyt, en pangawonde, en vigs), wat ‘n mens in Grey’s Anatomy en ER sien. Dis net baie beter, soos wat ‘n boek nege tilt die tien keer beter is as die fliek.

En met lokale kleur nog bygevoeg: eg Suid-Afrikaanse korrupsie wat strek van die superintendent van die hospitaal wat van hospitale niks weet nie en die hospitaaldokter wat nooit hospitaal toe kom me tot by die bottel ‘vigskuur’ wat vir R8oo verkoop word.

Mm van ons loop rond met ‘n brandende begeerte om meer te weet oor plattelandse staatshospitale, maar die goeie dokter Kendal se spoonful of sugar laat die medisyne gewis heel plesierig afgly.

Want, so lyk dit, sy reken mense behoort meer te weet en meer bewus te wees. Sy bring haar punt dikwels jetwat hardhandig tuis: “...the opulence of the mansions huge pillared buildings with sweeping glass windows and turquoise swimming pools... Are these all holiday houses?? . . . Rachael remembered the patient who hadn’t had fifty rands to come back to hospital for life-saving drugs. It didn’t seem fair. . .? (p. 172).

Kendal onthul geen geheime the. Sy bring eerder dit tuis waarvan ‘n mens in koerante lees. Meer nog, sy het die vermoe om die leser te laat omgee vir haaf~karakters.

In ware chick lit-tradisie is ons drie heldinne aan die einde van hul internskapjaar wyser en sterker as toe hulle begin het. Onsubtiel, sews effens nalef, is The Angina Monologues nietemin ‘n superprettige leeservaring, maar met ‘n kragtige sosiale boodskap. Jacana kan gerus ‘n boks vol eksemplare vir die kabinet stuur.